Abstract
Wanneer ek tot u spreek oor abstraksie en veralgemening in die Wiskunde, wil ek u aandag vestig op die belangrikheid daarvaan vir die Wiskunde, maar u terselfdertyd daarop wys dat die wiskundige hom nie langs hierdie weg heeltemal van die werklikheid kan losmaak nie.