Berge, word lug! Werklikheid, word water

Abstract

Breyten Breytenbach is vandag erg omstrede; sy werk ook. Omstrede in die eerste instansie om sy politieke betrokkenheid. Hy skryf iramers (of haal aan) "The duty of the artist is to overthrow his government" (Boom p 119). Sy digbundel Skrytj om 'n sinkende skip blou te verf (1972) is om politieke redes verbied - twee jaar nadat dit verskyn het. Sy jongste prosaboek, 'n Seisoen in die paradys (ironiese sinspeling op Rimbaud se Une Saison en enfer), sal - uit vrees vir sensuur om politieke redes - waarskynlik nooit verskyn nie (Anon 1975a kol 1). 'n Paar hoofstukke daarvan het darem al in Rapport verskyn (Breytenbach 1974c). By sy verhoor in Pretoria het Breytenbach onder andere om verskoning gevra vir die dinge wat hy in Skryt geskryf het, maar dit het sy omstredenheid eerder vererger. Hierdie dinge mag nie uit die oog verloor word nie, omdat dit neig om die oordeel oor sy werk te vertroebel.
https://doi.org/10.4102/koers.v41i3/4.1243
PDF