Die kliniese kindersielkundige as diagnostikus1)

D. J. W. Strümpfer

Abstract


Die benaming „Kliniese Kindersielkunde” is nog onbekend en gevolglik betreklik onbemind. Dit is in 1951 die eerste keer gebruik. Die werk van die Kliniese Kindersielkunde is egter so oud as die werk van die algemene Kliniese Sielkunde, waarvan die geskiedenis gewoonlik teruggevoer word tot die begin van sielkundige toetsing vroeg in die tagtigerjare. Tot ’n aansienlike mate is hierdie vroeë werk op kinders uitgevoer, bv. dié van Galton en later die van Binet en Simon. Witmer het in 1896 die eerste sielkundige kliniek geopen en het ook die term „Kliniese Sielkunde” ingevoer; die meerderheid van sy pasiënte was egter ook kinders. Tot voor die Tweede Wêreldoorlog was klinies-sielkundige werk hoofsaaklik op kinders toegespits. Sedertdien het die kliniese sielkundige tot ’n belangrike mate toegetree tot die gebied van die diagnose en terapie van psigiese afwykings by volwassenes, tot so ’n mate dat in die gedagtes en geskrifte van baie werkers die terrein van die Kliniese Sielkunde byna tot werk met volwassenes beperk word.

Full Text:

PDF




Copyright (c)

ISSN: 0023-270X (print) | ISSN: 2304-8557 (online) 

All articles published in this journal are licensed under the Creative Commons Attribution license.

© 2018 Scriber Editorial Systems a division of WATU Youth Village. All rights reserved. No unauthorised duplication allowed.

E-mail: support@scriber.co.za / support@koers.co.za