Eksistensialisme in die Franse letterkunde

A. A. Teurlinckx

Abstract


Nooit sou die Franse jeug — en die van Europa en verder — in dié mate deur die eksistensialisme be'invloed gewees het nie, indien hierdie filosofie in wysgerige traktate sou begrawe gelê het. Die eksistensialiste het die koning van die filosofiese verhaal, Voltaire, met sukses op sy Candide- en Zadig-pad gevolg en hulle teorieë in letterkundige werke, ver- hale, romans en ook toneelstukke kwytgeraak, wat baie gelees is en waaruit ook ander literatore kragte en inspirasie geput het. Omrede daarvan is daar inderdaad baie eksistensialisme in die Franse letterkunde, maar ’n eintlike eksistensialistiese letterkunde was daar nie, en ’n Eksistensialistiese Letterkun­ dige skool het nooit bestaan nie. Ook sit hierdie eksistensialiste nie langs dieselfde vuur nie. Die Christelike eksistensialis Gabriel Marcel het op 21 April van hierdie jaar uitgevaar teen die „Sartriane” na aanleiding van die opvoering van Les Paravents, Die W indskerms van Jean Genêt in ’n Paryse staatsondersteunde teater. „Mens mag seker wees”, skryf Marcel in Les Nouvelles Littéraires, „dat die hele sartriaanse parogie sal skreeu: groot meesterwerk”. Voortgaande op sy distansiëring kan die literêre eksistensialiste in drie groepe ingedeel word:
1. Die Sartriane;
2. Die Christelike Eksistensialiste;
3. Die Onafhanklikes.

Full Text:

PDF




Copyright (c)

ISSN: 0023-270X (print) | ISSN: 2304-8557 (online) 

All articles published in this journal are licensed under the Creative Commons Attribution license.

© 2018 Scriber Editorial Systems a division of WATU Youth Village. All rights reserved. No unauthorised duplication allowed.

E-mail: support@scriber.co.za / support@koers.co.za