Verskuiwing in die moraal?

S.P. van der Walt

Abstract


Modewoorde het ons deesdae oorgenoeg in die Christelike sedeleer en hulle kan nogal verwarring stig. U moet my vergun om met u te spreek oor een so ’n modewoord nl „verskuiwing’’ in die moraal. Dis nogal ’n mooi woord, wat so dikwels gebruik word op baie terreine en tog meer wil aandui as maar net ’n veranderde sienswyse, ’n wysiging in opvattinge of nuwe riglyne wat al gangbaar geword het in die praktyk. Die begrip wil eintlik die ewolusionêre gang beklemtoon, want dit is dan eintlik net die ou norme wat effens anders bekyk word of nie meer so nou geneem of dik onderstreep word nie. Die verskuiwing beteken dan dat alles nog dieselfde bly, net die posisie of plek het verander. Verskuiwing beteken tog plekverandering of plekwisseling en dan sekerlik nie in die sin dat die plekke ver uitmekaar lê nie. Verskuiwing beteken net maar vlak langs die vorige te staan kom. As dit dan ’n beter plek is, is dit ewolusie, ontwikkeling, verbetering.

Full Text:

PDF




Copyright (c)

ISSN: 0023-270X (print) | ISSN: 2304-8557 (online) 

All articles published in this journal are licensed under the Creative Commons Attribution license.

© 2018 Scriber Editorial Systems a division of WATU Youth Village. All rights reserved. No unauthorised duplication allowed.

E-mail: support@scriber.co.za / support@koers.co.za